As ons kyk na ons Stappe van Beveiliging wat ons nou al gereeld aan u voorgehou het, dan is die MultiBanger die stuk toerusting by uitstek wat inpas by die afdeling van Onmiddellike Reaksie

Ons kyk gou weer na ons stappe van beveiliging en die toerustings wat by elk inpas en ons sê: Om enige sekuriteitsinsident die hoof te bied het jy nodig:

1 - Vroeë waarskuwing stelsels om jou te waarsku dat ongewenste indringers op pad is na jou toe.
      En hiervoor beveel ons aan: Drongo Voice Alert (Persoonlike Vroeë waarskuwing stelsel);  Max Alert (Wifi  stelsel as jy nie by die huis is nie - Besig met ontwikkeling)
2 - Bevestiging: Kamera of 2
3 - Reaksie: 
      a. Vertraagde Reaksie (Tweerigting Gemeenskaps Radio & Selfoon)
      b. Onmiddellike Reaksie (Bangpen of ‘n MultiBanger)


Wat is die MultiBanger?

Dit is ‘n masjien wat met haelgeweer slagdoppies werk en12 skote kan skiet wanneer jy dit aktiveer met ‘n Paniekknoppie (Remote) of met ‘n Applikasie op jou selfoon, of mens kan selfs ‘n struikeldraad (Tripwire) gebruik om dit te aktiveer. Ons voorsien dat die Paniekknoppie die een is wat die meeste gebruik gaan word, want jy kan tot 80 Paniekknoppies aan die MultiBanger koppel en die afstand tussen die Paniekknoppie en die ontvanger wat binne-in die Multibanger geïnstalleer is, is 150m. Let wel dit skiet geen projektiele uit wat mense kan beseer nie en maak slegs ‘n groot geraas wanneer dit geaktiveer word.

Waar is ‘n tipiese plek om dit te installeer?
Jy kan dit enige plek installeer, maar een van die plekke wat ons sou aanbeveel is naby jou hekmotor waar jy reeds 12 V krag het, ander moet jy dit net met 12 V krag voorsien.  En dan beveel ons aan dat jy genoeg paniekknoppies saam met jou MultiBanger kry sodat jy dit op verskeie plekke kan plaas. (Bv. ‘n Remote in elke voertuig en een in elke slaapkamer (waar volwassenes is) en een of 2 op sentrale plekke in die huis. Hang ook ‘n paniekknoppie om jou nek as jy in die tuinwerk en ‘n situasie sou opduik)

Wat is tipiese situasies waar ons dit sal gebruik?

Scenario 1 – Aktiveer  met Remote
So kom ons gestel jy het nou ‘n MultiBanger gekoop en dit is by jou Hek geïnstalleer  en jy kom van die winkels af by jou huis aan en wanneer jy by jou perseel wil ingaan stop daardie onheilspellende swart BMW agter jou met 4 kriminele wat uitspring en jou voertuig wil kaap. Al wat jy dadelik doen, is om die paniekknoppie wat in jou voertuig is te druk en die die Multibanger by die hek begin om skote te skiet. Die kriminele en almal in die omgewing hoor die groot geraas en skote wat klap en dit is presies wat die booswigte nie wil hê nie want nou is hulle verrassingselement weggeneem en almal weet nou van hulle. Hulle los die hele operasie en hardloop so vinnig moontlik terug na hul eie voertuig om weg te kom. En jy het jou en jou familie se lewens gered.

Scenario 2 – Aktiveer  met Remote
Jy het ‘n Drongo Voice Alert stelsel by jou huis geïnstalleer vir jou vroeë waarskuwingstelsel.
Jy het ‘n MultiBanger by jou hek geïnstalleer vir jou Onmiddellike reaksie
Die man van die huis is dalk nie tuis nie en die res van die familie is alleen tuis en het nie vuurwapens nie. Die Voice Alert stelsel gaan af en waarsku daar is indringers op die perseel. Die huismense het genoeg tyd, want indringers is nog nie in die huis nie, en kan besluit om eers op die kameras te gaan kyk waar die indringers is, of kan besluit om dadelik die paniekknoppie van die MultiBanger te druk en skote te laat klap daar buite. Indringers, wat lafaards is en wat altyd met ‘n verrassingselement kom, gaan verseker laat spaander as die skote begin klap, want hulle verrassingselement is weggeneem en die hele wêreld, bure ingesluit weet nou hier is moeilikheid en hulle is ook nie seker wie skiet nou nie.

Scenario 3 –  Aktiveer met Toep op jou foon
Jy gaan hou vakansie vêr weg van jou huis af. Jou Drongo Voice Alert stelsel gaan saam met jou waar jy en jou familie ook al gaan oornag
Jy het ‘n MaxAlert of ander GSM alarmstelsel by jou huis geïnstalleer vir jou vroeë waarskuwingstelsel wanneer jy nie by die huis is nie.
Jy het ‘n IP Kamera of 2 by jou huis geïnstalleer vir jou Bevestiging stap van beveiliging
Jy het ‘n MultiBanger by jou hek geïnstalleer vir jou Onmiddellike reaksie

Twee aande weg van die huis af en jou Max Alert stelsel laat weet jou daar is indringers. Jy gaan op jou foon in na die IP Cameras en bevestig daar is ongewenste elemente op jou perseel. Dan gaan jy na jou eWeLink Toep toe en begin skote skiet met jou MultiBanger en maak groot oorlog by jou huis al is jy 300km vêr weg. Jy kan ook met dieselfde Toep ligte aansit, Peppersproei spuit, sirene laat afgaan ens. ens. Maar die feit bly staan as die MultiBanger begin skiet word die indringers “uitdringers” en kan nie vinnig genoeg wegkom nie.

Scenario 4
Bou hom in jou voertuig in - Hahahaha

 

Fotos

Multibanger - Doel en Werking

Multibanger - Activate Remote

Multibanger - Werking met Remote

Multibanger - Hoe klink dit?

Multibanger - Activate Remote and Wifi

Multibanger - Hoe om te herlaai

Multibanger - Activate with Alexa