Drongo Voice Alert - Wireless Security Alarm Systems

Wat is die Drongo Voice Alert stelsel?

In eerste plek wil ons net noem dat dit nie ‘n totaal nuwe produk is nie. Voice Alert is al baie jare bekend aan heelwat mense en die wat ‘n Drongo Voice Alert stelsel het, is ek seker wil nooit weer daarsonder wees nie, veral in vandag se tyd met die hoë misdaad en wat steeds toeneem.

Drongo Voice Alert is nie soseer ’n konvensionele alarmstelsel soos wat die gebruiker ‘n alarmstelsel ken nie. Dit kan beter beskryf word as ‘n draadlose mobiele persoonlike vroeëwaarskuwingstelsel. Daarmee bedoel ons dit is ‘n mobiele stelsel om jou en jou familie as persoon te beskerm waar julle ook al gaan slaap vanaand.

  • By die huis
  • By die kampplek of die viswaters of jagplek
  • By ‘n gastehuis
  • Selfs in jou Hotelkamer (Sit ‘n sensor in jou voertuig en as iemand daar peuter dan praat Voice Alert met jou en waarsku jou)

Omdat dit nie ‘n normale alarmstelsel is nie, kan dit ook nie gekoppel word aan jou plaaslike sekuriteitsfirma se beheerkamer nie. Dit is ook nie Drongo Voice Alert se doel nie. Soos ons gesê het sy doel is n mobiele persoonlike vroeëwaarskuwingstelsel en vir hierdie doel is daar eenvoudig geen ander beter vroeëwaarskuwingstelsel waarvan ek bewus is nie. Hoekom? Want die uniekheid lê daarin dat hierdie stelsel met jou praat. Wanneer daar ‘n situasie opduik en daar indringer op jou perseel kom dan praat Drongo Voice Alert met jou en vertel die hele tyd vir jou waar die persone is. Nou in ‘n krisis situasie is dit van kardinale belang dat daar geen ekstra interpretasies moet wees nie.

Hierdie stelsel werk op jou ore en nie met jou oë nie. Meeste ander alarmstelsels se Ontvangers/ beheereenhede is teen ‘n muur vasgesit en wanneer dit aktiveer gaan daar ‘n alarm of buzzer af,  of jy moet tel hoeveel beeps gaan af en dan interpreteer watter zone word aangedui,  en jy moet opspring en en jou bril en flits kry en voor die beheereenheid  gaan staan en kyk watter liggie is dit wat afgaan en dan moet jy interpreteer dat sê maar liggie nommer 4 is die agterdeur. Of jy moet tel hoeveel beeps gaan af en dan interpreteer watter zone word aangedui en stry jy en jou vrou nog eers daaroor. Jy kan ook nie regtig wegbeweeg van die beheereenheid nie, want as die indringer van posisie verander moet jy op die paneel kan sien (oë) watter liggie volgende afgaan en waarheen hulle nou beweeg – so jy is in ‘n groot mate gebonde aan ‘n staanplek by die beheerpaneel.

Met Drongo Voice Alert is dit anders hy werk nie op jou oë nie, maar op jou ore en praat die hele tyd met jou en vertel jou waar die indringers nou is. Daar is dus geen ekstra interpretasies nie en jy hoef nie by die beheer paneel te bly staan en kyk nie, terwyl jy in die gang af beweeg kan jy steeds hoor waar die indringers nou is.

drongo voice alert kit

Bestaande Drongo Voice Alert eienaars

Net bietjie inligting vir die bestaande Voice Alert eienaars en wat om te verwag met die nuwe Drongo Voice Alert.

  • Die naam het bietjie verander van Voice Alert na Drongo Voice Alert
  • Die beheereenheid (Ontvanger/Receiver) is nou nie meer roomkleurig nie, maar swart
  • Ons het nie meer nodig om te sukkel met ons eie rugsteun batterye nie, want daar is nou vir ons een ingebou wat baie jare behoort te hou.
  • Die sensors en Ontvanger eenheid is nou met nuwe tegnologie toegerus wat ook die afstande se effektiwiteit verbeter
  • Die sensors van die ou stelsel behoort nog netso op die nuwe stelsel te werk (alhoewel ons al gevind het dat wanneer daar ou en nuwe sensors saam op dieselfde zone gebruik word, dit bietjie kan pla)

Hoe werk die Drongo Voice Alert stelsel?

Dit bestaan uit ‘n beheereenheid met 6 zones of 6 areas en onbeperkte buite of binne sensors wat jy op elke area kan koppel.

Jy doen heel eerste al jou opnames (waar jy met jou stem elke area beskryf) en beplanning

Zone Beskrywing Dip switch Setting
1- Voordeur 1000 0000
2- Agterdeur 1111 0111
3- Swembad 1100 1100
4- Motorhuis enige kombinasie
5- Waskamer ...
6- Jannie se kamer        ...
En jou Lae Battery boodskap    

           
Dan koppel jy elke sensor aan ‘n zone en gaan plaas die sensors buite in daardie area – Klaar

Repeaters

Indien jy wel ‘n afstand probleem sou hê is daar herhalers (repeaters) beskikbaar wat afstande met 500 meter versterk

Waar is ‘n tipiese plek om dit te installeer?

Jy kan dit enige plek installeer of net neersit, maar een van die plekke wat ons sou aanbeveel is op jou bedkassie langs jou bed.

Wat is tipiese situasies waar ons dit sal gebruik?

Scenario 1

So kom ons gestel jy het nou ‘n Drongo Voice Alert gekoop en dit is by jou bedkassie 2h00 in die nag begin hy praat en sê “Agtertuin Agtertuin” Jy beweeg nog nie jy hoef ook nog nie jou oë oop te maak nie, maar jy weet onmiddellik die volgende 3 dinge:
o    Daar is iets of iemand in daardie area - Iets het die sensor geaktiveer
o    En jy weet presies waar - in watter area
o    En jy weet jy het nog genoeg tyd – want dit is buite en die persoon is nog nie in jou huis nie
o    Soos wat jy jou Drongo Voice Alert leer ken sal jy weet of jy wil opstaan en of dit dalk net ‘n diertjie is wat hom geaktiveer het, maar as hy aanhou praat en veal as dit zones wissel dan weet jy dit is ‘n mens en dan kan jy maar opstaan en jou reaksie stappe (3de beveiligings stap) begin in plek sit.

VoiceAlert Pretoria is in Queenswood, Pretoria gebaseer; maar aangesien die VoiceAlert Alarm Stelsel maklik is om te installeer, kan U die sisteem koop en dan self op U eiendom opstel.

voice alert pretoria july 2019

 

WHAT IS IT?

Wireless Outdoor beams are linked to voice messages recorded on an indoor speaker unit. If a beam is triggered, the associated message is played on the speaker, stealthily alerting you to intruders on your property.

They won't know that you know! Having real-time information delivered in such a natural way buys you the time you need to react and be safe in your own home.

 

VoiceAlert Pretoria is based in Queenswood, Pretoria, but as the Drongo Voice Alert Security Alarm Systems are easy to install (DIY Security System), you can buy a system and set up the perimeter intrusion detection units yourself.

Drongo Voice Alert Benefits

Wireless Range

Distance from Beam to VoiceAlert can be up to 300m (Line of sight), or 100m through walls

Detection Range

Beams detect 20-25m in front of them with a 90° field of view

Adjustable Zone Patterns

Limit the detection pattern of your sensors by using supplied pattern adjusters, so that you pick up the bad guy and not the good dog.

Custom Alert Messages

Record your own audio messages for each of 6 zones to alert you when they are triggered. E.g "Front yard" / "Wendy House" / "Pool"

Low Battery Alert

Plays a "Low battery" message to alert you if a sensor is running low on juice.

DIY System Set-Up

If you can Facebook, you can set this up. You've got this. We can help you if you get stuck.